Psalms 123:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, soos die oë van diensknegte op die hand van hulle HERE kyk, en soos die oë van 'n meisie op die hand van haar meesteres; daarom wag ons oë op die HERE onse God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos oë van slawe gerig is op die hand van hulle meester, soos die oë van ’n slawedogter gerig is op die hand van haar werkgeefster, so is ons oë gerig op die Here ons God totdat Hy genadig is oor ons.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres -- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.
Afrikaans 1983 Soos die oë van 'n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, soos die oë van slawe gerig is op die hand van hulle eienaar, soos die oë van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God totdat Hy ons genadig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet weet, ons kyk na ons God die Here soos slawe kyk na hulle eienaars, soos 'n slavin kyk na die vrou aan wie sy behoort, en ons wag dat Hy genadig moet wees vir ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons kyk op na die Here, ons God, soos werkers na hulle baas.