Psalms 122:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waar die stamme optrek, die stamme van die HERE, tot die getuienis van Israel, om die Naam van die HERE te loof.
Afrikaans (NLV) 2011 waarheen die stamme opgaan, die stamme van die Here. Dis ’n vereiste vir Israel dat die Naam van die Here daar geprys moet word.
Afrikaans 1933/1953 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof.
Afrikaans 1983 waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here, soos aan Israel voorgeskryf is, om die Naam van die Here te prys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die stad waarnatoe die stamme kom, die stamme van die Here. Hy het gesê die Israeliete moet daar vir Hom kom dankie sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê. Dit is wat Hy van hulle verwag.