Psalms 120:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee my, dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek in die tente van Kedar woon! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was ellendig vir my om as vreemdeling in Mesek te woon, en saam te bly met die tentbewoners van Kedar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! |
| Afrikaans 1983 | Hoe ellendig was dit toe ek as vreemdeling in Mesek gewoon het en tussen die inwoners van Kedar gebly het! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee my, want ek vertoef as 'n •vreemdeling in Meseg; ek woon by die tente van Kedar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan sleg met my, want dit voel of ek in die land Mesek woon of tussen die tente van die land Kedar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is vir my baie swaar om tussen mense te bly wat niks van my hou nie. Hulle behandel my soos ’n vloerlap. Dit voel of niemand my wil hê nie en of ek niks mag doen nie. |