Psalms 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U moet hulle bewaar, o HERE, U moet hulle van hierdie geslag tot in ewigheid bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ’n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. |
| Afrikaans 1983 | Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in 'n oond gesuiwer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltoond in die grond, dit is sewe maal gesuiwer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Here praat, dan kan jy Hom glo. Sy woorde is nie vals nie, dit is so skoon en suiwer soos silwer wat sewe maal gesmelt is in 'n vuur-oond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die Here sê, dit bedoel Hy. Sy beloftes is eg. Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken. |