Psalms 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir die verdrukking van die armes, oor die gesug van die behoeftige, sal Ek nou opstaan, spreek die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel van hom wat hom opblaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê: “Ons sal lieg soveel soos ons wil. Ons lippe behoort aan ons. Wie kan ons keer?” |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? |
| Afrikaans 1983 | wat sê: “In ons tong lê ons krag. Ons lippe help ons. Ons buig vir niemand nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle dink hulle sal wen met die dinge wat hulle sê, hulle dink niemand sal hulle keer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat. Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.” Die Here het genoeg daarvan gehad. |