Psalms 119:75 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek weet, HERE, dat u oordele reg is, en dat U my in trou verdruk het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek weet, Here, u bepalings is reg; op grond van u trou bestraf U my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. |
| Afrikaans 1983 | Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek weet, Here, dat u beslissings regverdig is, en dat U my in getrouheid verneder het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ek weet dat U reg besluit, en dat U my laat swaarkry het omdat U gesê het U sal dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar een ding is wat ek weet, Here, is dit dat u bevele ’n mens help om reg op te tree. Partykeer stuur U probleme na my toe, net om te sien of ek nog aan U vashou. |