Psalms 119:58 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het u guns gesmeek met my hele hart; wees my genadig volgens U woord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met my hele hart soek ek U. Wees genadig soos U beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. |
| Afrikaans 1983 | Ek smeek U met my hele hart: “Wees my genadig, soos U beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het met my hele hart u guns gesoek: Wees my genadig volgens u belofte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek soebat en vra vir U met my hele hart, U moet genadig wees vir my, soos U belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met alles in my pleit ek by U: moenie u rug vir my keer nie. Doen goed aan my soos U belowe het. |