Psalms 119:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gedink aan U oordele van ouds, o HERE; en het myself getroos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek onthou u bepalings van ouds; dit vertroos my, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos. |
| Afrikaans 1983 | Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het u beslissings onthou, van lank gelede af, Here, en ek was getroos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het, dan voel ek beter. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit wat U lank terug al gesê het, bly heeltyd in my gedagtes, dit gee my moed vir elke dag. |