Psalms 119:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal ook my hande ophef na U gebooie wat ek liefgehad het; en ek sal U insettinge oordink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met eerbied lig ek my hande op vir u gebooie wat ek liefhet. Ek dink na oor u voorskrifte. |
| Afrikaans 1933/1953 | en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink. |
| Afrikaans 1983 | Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig. U voorskrifte sal my bybly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ek reik uit na u opdragte wat ek liefhet; ek dink na oor u voorskrifte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle, ek sal aanhou dink oor u wette. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om al u voorskrifte te hou maak my baie bly. Ek kan nie genoeg vir U sê hoe gelukkig dit my maak om te doen wat U sê nie, ek dink heeltyd daaraan. |