Psalms 119:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En neem die woord van waarheid nie heeltemal uit my mond nie; want ek hoop op U oordele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat ek tog altyd die waarheid praat, want ek hoop op u geregtigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. |
| Afrikaans 1983 | Weerhou my tog van alles wat onwaar is. In u bepalings stel ek my vertroue. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet tog nie u betroubare woord geheel en al uit my mond wegneem nie, want ek vestig my hoop op u beslissings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En U moet my help om altyd die waarheid te praat, want ek glo dat U sal doen wat U besluit het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my om net die waarheid te praat. Dag en nag luister ek fyn na u stem. |