Psalms 119:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat U barmhartighede ook oor my kom, o HERE, U heil volgens U woord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, laat u troue liefde my oordek, die redding wat U my belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte, |
| Afrikaans 1983 | Bewys aan my u troue liefde, Here, red my volgens u belofte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat u troue liefde my deel word, Here, u verlossing volgens u woord, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet vir my doen wat U belowe het, U moet my red, U het dit belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, wys asseblief vir my hoe goed U is, soos U beloof het. |