Psalms 119:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee my insig, en ek sal U wet onderhou; ja, ek sal dit met my hele hart onderhou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. |
| Afrikaans 1983 | Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet my help om te verstaan, sodat ek kan doen wat U vir my leer en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees met my hele hart. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê. |