Psalms 119:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het vasgehou aan U getuienisse: o HERE, maak my nie beskaamd nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek hou vas aan u voorwaardes, Here. Moenie dat ek in skande kom nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie! |
| Afrikaans 1983 | Ek hou vas aan u verordeninge, Here, moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek hou aan u bepalings vas; Here, laat my nie beskaamd staan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ek hou vas aan wat U sê, U moet my help om te weet wat ek moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. |