Psalms 119:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verwyder smaad en veragting van my af; want ek het U getuienisse bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weer smaad en belediging van my, want ek gehoorsaam u waarskuwings. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar. |
| Afrikaans 1983 | Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie, want ek kom u verordeninge na. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verwyder bespotting en minagting van my, want by u bepalings hou ek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet keer dat mense my nie spot en verneder nie, want ek doen wat U sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie dat slegte mense my onderstebo loop nie. Onthou tog dat ek u Woord in my hart gebêre het. |