Psalms 119:176 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek U dienaar; want ek vergeet U gebooie nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n verlore skaap het ek gedwaal; kom en soek my tog, want u gebooie het ek nie vergeet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie. |
| Afrikaans 1983 | As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek soos ’n skaap is wat verdwaal het, kom haal my asseblief! Ek sal u stem dadelik herken, want ek vergeet nooit een van u woorde nie. |