Psalms 119:161 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart is ontsag vir U woord.
Afrikaans (NLV) 2011 Heersers vervolg my sonder oorsaak, maar al wat ek vrees, is u woord.
Afrikaans 1933/1953 Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.
Afrikaans 1983 Maghebbers vervolg my sonder oorsaak, maar u woord is die enigste wat ek vrees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar belangrike mense volg my en jaag my. Ek is nie bang vir hulle nie, ek is bang vir wat U gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Klomp belangrike mense vervolg my, al is ek onskuldig, maar dit vat nooit my respek vir u Woord weg nie.