Psalms 119:159 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Let op hoe ek U bevele liefhet: maak my lewend, HERE, volgens U goedertierenheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Sien raak dat ek u bevele liefhet, Here. Laat my lewe op grond van u liefde.
Afrikaans 1933/1953 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.
Afrikaans 1983 Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, Here, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U moet kyk hoe lief is ek vir wat U beveel, U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk na my! Sien tog raak dat ek elke woord van U liefhet. Here, hou asseblief aan om vir my goed te wees. Hou my aan die lewe omdat U so ’n goeie God is.