Psalms 119:128 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom ag ek al u bevele aangaande alle dinge as reg; en ek haat elke valse manier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat elkeen van u bevele reg is, haat ek elke verkeerde pad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek. |
| Afrikaans 1983 | Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom volg ek alle opdragte oor alles; elke pad van bedrog haat ek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel, ek hou nie van iets wat vals is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom doen ek alles wat U sê tot in die fynste besonderhede. Maar verkeerde dinge, dit haat ek. |