Psalms 119:122 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sorg vir U dienaar ten goede; laat hoogmoediges my nie verdruk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Beloof tog dat dit goed sal gaan met u dienaar. Moenie dat verwaande mense my verdruk nie.
Afrikaans 1933/1953 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
Afrikaans 1983 Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarborg die goeie vir u dienskneg; vermeteles moet my nie verdruk nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet vir my, u dienaar, belowe dat U dit goed sal laat gaan met my. U moenie dat hoogmoedige mense my verdruk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kies asseblief my kant, goeie God, moenie dat mense wat te veel van hulleself dink, my uitbuit nie.