Psalms 119:108 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aanvaar tog die vrywillige offers van my mond, o HERE, en leer my U oordele.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, aanvaar die offers van my mond, en leer my u bepalings.
Afrikaans 1933/1953 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.
Afrikaans 1983 Neem tog my dank aan, Here. Leer my u bepalings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat die vrywillige offers van my mond tog vir U aanvaarbaar wees, Here, en leer my u beslissings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, die dinge wat ek vir U sê, is offers wat ek graag vir U bring. U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leer om te verstaan wat U besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor hoe ek U loof en prys. Leer my wat reg en verkeerd is.