Psalms 118:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God is die HERE wat vir ons lig laat sien het; bind die offer met toue vas tot by die horings van die altaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here is God, Hy laat sy lig oor ons skyn. Begin die optog, wuif die takke! Stapel dit op tot by die horings van die altaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. |
| Afrikaans 1983 | Die Here is God; Hy skenk ons die lewe. Begin die fees! Wuif met takke! Gaan tot by die horings van die altaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die kringdans uit tot by die horings van die altaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is God, Hy het vir ons die lig laat skyn. Julle moet die fees begin, julle moet takke neem en julle moet dit bring na die horings van die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is die enigste God. Hy help altyd. As Hy jou help, is dit soos ’n lig wat in ’n donker kamer inskyn. Kom ons hou ’n groot fees, want ons is baie bly. Ons moet vir Hom baie, baie dankie sê. |