Psalms 118:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die stem van jubel en verlossing is in die hutte van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen dapper krag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vreugdeliedere van redding word gesing in die tente van die regverdiges. Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade. |
| Afrikaans 1983 | Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geluid van jubelkrete en van verlossing klink op in die tente van regverdiges. Die regterhand van die Here doen kragtige dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister hoe sing die mense wat reg lewe in hulle huise, hulle sing want hulle het gewen. Die Here het sy hand opgetel en Hy het hulle gehelp, Hy het hulle laat wen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat die Here dien, is baie bly omdat Hy hulle so uit die moeilikheid help. |