Psalms 118:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het my omsingel; ja, hulle het my omsingel, maar in die Naam van die HERE sal ek hulle vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het my inderdaad van alle kante omsingel, maar in die Naam van die Here het ek hulle afgeweer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het my omsingel, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die Here kon ek hulle waarlik afweer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hulle my aanval van al die kante, ja, wanneer hulle my van al die kante aanval, dan sal ek hulle terugjaag, want die Here help my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die spul het my van alle kante bekruip. Maar die Here het my gehelp. Ek het hulle op hulle plek gesit omdat U by my was. |