Psalms 116:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Keer terug na jou rus, o my siel! want die HERE het goed aan jou gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou kan ek weer gerus wees, want die Here was goed vir my. |
| Afrikaans 1933/1953 | My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom weer tot rus, my •siel, want die Here het goed gedoen aan jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek moet nou ophou om bekommerd te wees, want die Here het goeie dinge gedoen aan my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe vir myself gesê: “Jy kan ontspan. Wees rustig. Die Here was baie goed vir jou.” |