Psalms 116:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die smarte van die dood het my omsingel, en die smarte van die doderyk het my aangegryp; ek het benoudheid en droefheid gevind.
Afrikaans (NLV) 2011 Bande van die dood het my omring, angs van die doderyk het my oorval. Vrees en verdriet het my oorweldig.
Afrikaans 1933/1953 Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
Afrikaans 1983 Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bande van die dood het my omsluit; angste van die •doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Bande van die dood was rondom my, ek was bang om na die doderyk te gaan, dit het sleg gegaan met my, ek het baie swaar gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het so amper doodgegaan. Ek het al paniekerig daaroor begin word. Ek was doodsbenoud en bekommerd.