Psalms 116:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, waarlik, ek is U kneg; Ek is U dienaar en die seun van U slavin; U het my boeie losgemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, ek is u dienaar. Ja, ek is u dienaar, seun van u dienares. U het my bevry van my bande! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. |
| Afrikaans 1983 | Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ag, Here, omdat ek u dienskneg is – ja, ek is u dienskneg, die seun van u diensmeisie – het U my boeie losgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ek bid tot U, want ek behoort aan U, my ma het aan U behoort, en ek behoort aan U. U het die bande losgemaak wat my vasgehou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gesê: “Regtig, Here, ek dien U. Ook my ouers het U gedien. U het my lewe gespaar. |