Psalms 115:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om U goedertierenheid en om u waarheid ontwil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom toe die eer op grond van u liefde en u trou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. |
| Afrikaans 1983 | Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, oor u troue liefde, oor u bestendigheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moenie sê dat mense ons moet respekteer nie, U moenie dit sê nie. U moet sê dat die mense ú Naam moet respekteer, want U doen wat U belowe het en U bly dieselfde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is nie ons mense wat eer moet kry nie, Here! Ek wil dit herhaal: Nie ons nie, maar U alleen verdien eer. U het u kinders baie lief. U laat hulle nooit in die steek nie. |