Psalms 112:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het verstrooi, Hy het aan die armes gegee; sy geregtigheid is tot in ewigheid; sy horing sal met eer verhef word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang.
Afrikaans 1933/1953 Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer.
Afrikaans 1983 Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg, en mense respekteer hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy strooi sy besittings uit; arm mense dra hy op die hande. Hy hou nooit op om goed te doen nie. Wat ’n leefstyl! Dit bring baie eer en vreugde.