Psalms 112:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Goeie man bewys guns en leen uit; Hy sal sy sake met oorleg lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. |
| Afrikaans 1983 | Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit gaan goed met 'n mens wat goedhartig is en uitleen, wat sy sake eerlik bestuur; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met iemand wat genadig is en vir mense geld leen, met iemand wat eerlik is wanneer hy goed koop en verkoop, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat die Here vrees, deel graag sy besittings met ander. Hy leen uit, hy doen altyd die regte dinge. |