Psalms 112:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir die opregtes gaan lig op in die duisternis; Hy is genadig en vol medelye en regverdig.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou.
Afrikaans 1933/1953 Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.
Afrikaans 1983 hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy skyn in die duisternis as 'n lig vir die opregtes; hy is genadig, barmhartig en regverdig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is soos ligte wat in die donker skyn vir mense wat eerlik lewe, hulle is genadig en goed vir mense wat swaarkry, en hulle doen reg aan ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God se goedheid skyn soos die son oor hulle hele lewe. Hy is by hulle met sy goedheid, sy ontferming, sy beskerming.