Psalms 112:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose sal dit sien en bedroef wees; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.
Afrikaans 1933/1953 Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
Afrikaans 1983 Die goddelose sien dit en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die goddelose sien dit en vererg hom; hy kners op sy tande, maar kwyn weg. Die begeerte van goddeloses gaan tot niet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Slegte mense is jaloers op hom, maar hulle woorde beteken niks. Slegte mense se planne kom ook tot niks. Ja, tot niks!