Psalms 111:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het verlossing aan sy volk gestuur; Hy het sy verbond tot in ewigheid beveel: heilig en eerbiedig is sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ’n losprys vir sy volk betaal, en sy verbond vir altyd gewaarborg. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam! |
| Afrikaans 1933/1953 | Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verlossing het Hy vir sy volk gestuur. Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Here sy volk vrygemaak het, het Hy gesê dat sy verbond vir altyd daar sal wees. Hy is heilig, almal word bang wanneer hulle sy Naam hoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here help sy kinders as hulle hulp nodig het. Hy red hulle uit die moeilikheid. Hy het ’n belofte aan hulle gemaak wat altyd sal bly staan. Vir God moet jy groot respek hê. Jy kan nie sy Naam los en vas gebruik nie. |