Psalms 111:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle staan vas vir ewig en altyd, en word gedoen in waarheid en opregtheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is vir altyd geldig, en met trou en opregtheid moet dit gehoorsaam word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid. |
| Afrikaans 1983 | hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | bestendig vir altyd, vir ewig – dit word nagekom in trou en opregtheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is vir altyd en altyd daar. 'n Mens moet doen wat die wette sê, jy moet dit presies en eerlik doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy woorde staan vas. Jy weet waar jy met Hom staan. Hy is getrou en loop nie draaie met jou nie. |