Psalms 111:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het aan sy volk die krag van sy werke bekend gemaak, om aan hulle die erfdeel van die heidene te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy kragtige dade aan sy volk getoon deur die land van ander nasies aan hulle te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir sy volk gewys hoe sterk Hy is toe Hy vir hulle die lande van die ander volke gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir sy volk Israel ’n land beloof waar vreemde volke gebly het. Toe laat Hy hulle die land met sy krag inneem. Israel het geleer dat God sy beloftes altyd nakom. |