Psalms 111:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het spys gegee aan die wat Hom vrees; Hy sal altyd aan sy verbond dink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy voed hulle wat Hom dien; Hy onthou altyd sy verbond. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. |
| Afrikaans 1983 | Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het. Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het kos gegee vir die mense wat Hom dien, Hy onthou altyd sy verbond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sorg vir mense wat Hom dien deur vir hulle kos te gee. Hy doen altyd wat Hy beloof het in sy ooreenkoms met ons. |