Psalms 111:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vrees van die HERE is die begin van wysheid; goeie verstand het almal wat sy gebooie doen; sy lof is tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eerbied vir die Here is die begin van wysheid. Dié wat sy voorskrifte navolg, het goeie insig. Hy sal vir altyd geprys word! |
| Afrikaans 1933/1953 | Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die begin van wysheid is ontsag vir die Here; almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig. Sy lof hou vir altyd stand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand wysheid wil kry, dan moet hy die Here eer en dien, as iemand regtig verstandig wil word, dan moet hy doen wat die Here wil hê. Mense moet die Here prys, hulle moet Hom altyd prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe. Die Here verdien al die dankies wat mense Hom kan gee. |