Psalms 110:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou volk sal gewillig wees op die dag van jou krag, in die prag van heiligheid van die moederskoot af; jy het die dou van jou jeug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon. Op die heilige berg, wanneer die dag breek, kom u jong manne soos die dou. |
| Afrikaans 1933/1953 | U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe. |
| Afrikaans 1983 | U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster. U jongmanne is u krag as hulle teen dagbreek aantree, geklee vir die heilige stryd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou volk bied hulleself gewillig aan op die dag van jou magsvertoon op die heilige berge. Uit die skoot van die daeraad het Ek jou soos dou verwek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou soldate sal self kom wanneer jy oorlog wil maak, hulle sal gewyde klere dra. Jou jongmanne sal vir jou wees soos die dou vroeg in die oggend. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die jongmense sal al van vroeg af reg staan, aangetrek vir die geveg. Dit sal vir jou lekker wees om dit te sien. |