Psalms 110:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ('n Psalm van Dawid.) Die HERE het tot my HERE gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek U vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.”
Afrikaans 1933/1953 Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
Afrikaans 1983 Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Dawid. 'n Psalm. Dit is die uitspraak van die Here vir my heer: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my koning gesê: “Jy moet hier langs My sit, op die belangrikste plek, want Ek sal jou vyande verneder, en Ek sal hulle voor jou laat lê sodat jy jou voete op hulle kan sit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir my heer, die koning, gesê: “Kom sit hier op die ereplek tot Ek al jou vyande onderwerp het.”