Psalms 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die regverdige HERE het geregtigheid lief; sy aangesig sien die opregtes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Here is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien. |
| Afrikaans 1983 | Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want regverdig is die Here, Hy het geregtigheid lief, opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal doen wat reg is, Hy wil hê mense moet reg doen. Eerlike mense mag naby Hom wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is altyd regverdig. En Hy hou daarvan as mense die regte dinge doen. Almal wat opreg lewe, sal voor die Here kan gaan staan. |