Psalms 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die goddelose sal Hy strikke, vuur en swawel laat reën en 'n afgryslike storm: dit sal die deel van hulle beker wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy laat vuur en swael op die goddeloses reën, en brandende winde is die beker waaruit hulle sal drink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. |
| Afrikaans 1983 | Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, 'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën – vuur en swael en 'n verskroeiende wind; dit is wat hulle toekom, dit is hulle beker. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën, dit val op die mense wat verkeerd doen, die warm woestynwind sal hulle brand, hulle sal die beker van swaarkry moet drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag die Here almal wat Hom nie dien nie, voor Hom wegvee. Mag Hy hulle soos ’n orkaan tref. |