Psalms 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE toets die regverdige, maar die goddelose en die wat geweld liefhet, haat sy siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here toets die regverdiges, maar Hy haat die goddeloses en dié wat geweld liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. |
| Afrikaans 1983 | Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here – 'n regverdige toets Hy, maar in 'n goddelose en iemand wat geweld liefhet, het Hy 'n weersin. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy kyk wat die mense doen, die mense wat reg lewe én die mense wat verkeerd doen, en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here kyk of dié wat reg lewe sy toets slaag. Hy het geen tyd vir daardie spul wat alles met hulle vuiste en wapens wil uitsorteer nie. |