Psalms 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, die goddelose span hul boog, hulle maak hul pyl op die tou gereed, om in die geheim op die opregtes van hart te skiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die goddeloses span hulle boë. Hulle sit hulle pyle op die snaar. Vanuit die skaduwees skiet hulle op die opregtes.
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
Afrikaans 1983 Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want kyk, die goddeloses span 'n boog, hulle sit hulle pyle op die boogsnaar om in die donker op die opregtes van hart te skiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk, die mense wat verkeerd doen, trek hulle boog se snare styf, hulle sit hulle pyle op die snare van die boog, hulle staan in die donker en hulle wil die eerlike mense skiet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat U nie dien nie, probeer ander tot ’n val bring, Here. Hulle staan reg om mense wat reg lewe seer te maak. Hulle val mense wat reg lewe in die donker aan.