Psalms 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Aan die musiekleier, 'n Psalm van Dawid.) Op die HERE stel ek my vertroue; hoe sê julle vir my siel: Vlug soos 'n voël na jou berg? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vertrou op die Here vir beskerming. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël! |
| Afrikaans 1933/1953 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! |
| Afrikaans 1983 | Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos 'n voël! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die •musiekleier. Van Dawid. By die Here skuil ek; hoe kan julle dan vir my sê: “Vlug soos 'n voël na die berge, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vir die leier van die koor: Van Dawid. Ek weet, die Here sal my beskerm. Hoekom sê julle ek moet na die berge vlug soos 'n voël? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan kruip weg by die Here. Ek verstaan nie hoekom mense vir my sê om soos ’n voël weg te vlieg en op ’n ander plek hulp te gaan soek nie. |