Psalms 109:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal die HERE met my mond baie loof; ja, Ek sal Hom loof onder die skare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal aanhou om die Here te dank, Hom prys te midde van ’n menigte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys; |
| Afrikaans 1983 | Dan sal ek my lof aan die Here laat weerklink en Hom voor 'n groot skare prys, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met my mond sal ek die Here met oorgawe prys, tussen baie mense sal ek Hom loof; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil aanhou om vir die Here dankie te sê, ek wil Hom prys waar baie mense dit kan hoor, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal ek die Here prys. Almal moet dit hoor. Ek sal Hom voor baie mense loof. |