Psalms 109:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar doen vir my, o HERE, HERE, ter wille van u Naam; want u goedertierenheid is goed, verlos my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar mag U, oppermagtige Here, met my handel tot eer van u Naam! Red my, want u getrouheid is so goed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my. |
| Afrikaans 1983 | U is die Here my God, handel met my só dat u Naam geëer sal word. U is goed en getrou, red my tog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar, U, Here, my Heer, handel met my ter wille van u Naam; omdat u troue liefde goed is, red my! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Here, my Here, ek behoort aan U, en daarom moet U my help. U moet my red, want U doen altyd wat U belowe het, en dit is goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, wees asseblief goed vir my. U Naam is op die spel. U is tog die Here, my God! Help my uit die moeilikheid uit. U het u kinders baie lief. |