Psalms 109:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit die beloning wees van my teëstanders van die HERE en van die wat kwaad spreek teen my siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag dit die Here se beloning vir my aanklaers wees, vir hulle wat slegte dinge van my sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my. |
| Afrikaans 1983 | Mag die Here dit alles oor my teëstanders laat kom, oor dié wat my sulke vreeslike dinge toewens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag dít van die Here se kant die straf wees vir hulle wat my vyandiggesind is, en wat onheil oor my lewe uitspreek! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here moet dit alles laat gebeur met die mense wat my beskuldig en wat vra dat dit sleg moet gaan met my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag die Here al hierdie dinge laat kom oor hulle wat niks van my hou nie. Hulle sê altyd lelike dinge van my. Daarom verdien hulle hierdie dinge. |