Psalms 109:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dit vir hom wees soos die kleed wat hom bedek, en as 'n gordel waarmee hy gedurigdeur omgord is.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag sy vervloeking wees soos klere wat hy dra, soos ’n gordel wat hy altyd aanhet.
Afrikaans 1933/1953 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
Afrikaans 1983 Laat sy vloek hom aankleef soos sy klere, soos 'n gordel wat hy deurentyd dra!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag dit vir hom word soos 'n kledingstuk waarin hy homself hul, en 'n lyfband wat hy altyd dra.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slegte dinge moet by hom bly soos die klere wat hy aantrek, soos die belt wat hy elke dag dra.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is soos die bloed in sy are; soos die murg in sy pype. Hy kan nie daarvan ontslae raak nie.