Psalms 109:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos hy liefgehad het om te vloek, so laat dit oor hom kom; soos hy nie behae gehad het in seën nie, so laat dit ver van hom wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het daarvan gehou om te vervloek; laat hy dit nou self ervaar. Ander het hy nooit geseën nie; laat seën vir hom ook veraf wees.
Afrikaans 1933/1953 Ja, hy het die vloek liefgehad en -- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en -- dit het ver van hom af gebly.
Afrikaans 1983 Hy het graag vervloek, laat die vloek hóm tref! Hy het nie graag geseën nie, laat seën ver van hóm af wees!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was lief vir vervloeking – dit het hom getref. Hy het niks gehou van seën nie – dit het ver van hom gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gehou daarvan om mense te vervloek, maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur. Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie, en nou moet niemand hóm seën nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Diegene wat moedeloos was, het hy heeltemal gebreek. Hy het dit geniet om mense slegte dinge toe te wens. Al daardie dinge moet hom nou tref. Hy het nooit ’n goeie woord vir ander gehad nie. Laat dieselfde met hom gebeur.