Psalms 109:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hy daaraan gedink het om nie barmhartigheid te bewys nie, maar die arme en behoeftige man vervolg het, om selfs die wat gebroke van hart is, dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was nie goed vir ander mense nie, maar het die arm en behoeftige, ook dié wat moedeloos is, tot die dood toe vervolg.
Afrikaans 1933/1953 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
Afrikaans 1983 omdat hy nie daaraan gedink het om liefde te bewys nie: hy het die mens in nood en die arme, dié wat plat geslaan is, tot die dood toe vervolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hierdie man nie daaraan gedink het om troue liefde te bewys nie, maar magtelose mense en behoeftiges, dié met vreesbevange harte, vervolg het om hulle dood te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want hierdie man het nie onthou om te doen wat hy belowe het nie. Hy het mense gevolg en gejaag totdat hulle dood is, mense wat hulleself nie kan help nie, mense wat niks het nie en wat moedeloos is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat hierdie dinge gebeur omdat daardie skurk nooit iets goeds vir iemand anders gedoen het nie. Hy het nooit mense gehelp wat arm en behoeftig is nie. Mense wat in die moeilikheid was, het hy nog swaarder laat kry.