Psalms 109:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle gedurigdeur voor die aangesig van die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hierdie sondes voortdurend voor die Here wees, maar laat sy kinders se nagedagte uitgewis word uit die geheue van mense.
Afrikaans 1933/1953 Laat die altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
Afrikaans 1983 Laat dit voortdurend vir die Here bly bestaan, maar laat hulle naam van die aarde af gevee word
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag dit altyd voor die Here wees, sodat Hy die herinnering aan hulle van die aarde af verdelg;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here moet dit altyd onthou, en niemand moet nog dink aan hierdie man se voorouers nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet vir altyd die slegte vrugte pluk van daardie dade. Die Here moet sorg dat niemand ooit weer aan daardie mense dink nie.